Die rit na Baviaans neem so 4ure in en 3ure terug met 'n dubbelkajuit. Die mooiste deel se pad is baie uitdagend en dan ry mens so 5 of 10km per uur op daardie 30km. Dit kos R1800 vir die rit, nie per persoon nie. Of dit 1 of 4 mense is, dit is dieselfde prys. Dit is moontlik om verder in te ry en dan in die Baviaansvallei te oornag. Hiervoor moet 'n kwotasie uitgewerk word.
Vir meer inligting, kontak Kobus Kok by 042 2830739